Leeukop Stap Reëlings 15 Februarie 2014




Ons kom 15:30 by NG Kerk Durbanville-Bergsig bymekaar
Bring saam:  Regeneration Outdoor kaart of vrywaringsvorm Click hier om af te laai
                     Gemaklike stap skoene (geen plakkies)
                     Ten minste 2 waterbottels (verpligtend)
                     Snack om bo te eet
                     Warm top (kan koud raak bo)
                     Kombers  (optioneel)
                     Sonskerm en hoed
                     Jy moet 'n Koplig of flits (verpligtend en selfoon lig tel nie)

Vir meer inligting kontak Pieter Truter by 0760765092

Regeneration Outdoor!







 2014! Regeneration gaan hierdie jaar 'n hele klomp nuwe dinge doen. Een van hierdie dinge is Regeneration Outdoor! Wat is Regeneration Outdoor? Wel, dit is aktiwiteite wat saam in die natuur gedoen word. Ons skop dit af met die begin van 'n Mountain bike groep en 'n stap groep. Die idee is dat ons ten minste twee keer per kwartaal saam as stapper of bikers saam die natuur gaan geniet en so ook saam God se skepping beleef!


Ons wil graag ook alle ouers en NG Kerk Durbanville-Bergsig lede nooi om ook deel van hierdie groep te word! God se skepping is vir ons almal so kom ons geniet dit saam! Om deel te neem aan die aktiwiteite van Regeneration Outdoor het jy nodig om 'n vrywaringsvorm in te vul. Om te verhoed dat jy elke keer 'n vrywaringsvorm moet invul het ons besluit om lidmaatskap vorms te laat invul. As jy die eenmalige vorm invul ontvang jy 'n Regeneration Outdoor Lidmaatskap kaartjie. Hierdie kaartjie moet by elke aktiwiteit gewys word voor jy kan deelneem saam met die groep.


Klik HIER om die vorm af te laai. Voltooi die vorm en handig dit by die kerkkantoor in of gee dit vir Arno Sondagaande.



Aktiwiteite vir eerste kwartaal:
1 Februarie: Meerendal MTB (Koste:R30 vir nie Tygerberg Mountain Bike Club lede. Aparte vrywaringsvorm van Meerdendal moet ingevul word deur ouers indien onder 18)
15 Februarie: Leeukop volmaan stap (slegs plek vir 20 mense)


Ons wil jou nou al nooi om asseblief jou naam vir ons te gee sodat jy op hoogte kan bly van wat ons beplan. Indien jy dalk ander voorstelle het vir 'n groep kontak vir Arno by arno@bergsigjeug.co.za.

Ons sien uit na die avonture saam jou!



       





Powered by 123ContactForm | Report abuse


Regeneration Multiply Groepe 2014



 
In 2014 wil ons regtig julle toerus om dissipels van Jesus te wees. Ons gaan verskei maniere gebruik in 2014. Een van die maniere is om weeklikse Multiply omgeegroepe te begin. Hierdie groepe kom in die week bymekaar soos deur julle self besluit saam met ‘n tiener omgeegroepleier. Hierdie groepe vervang nie ons Sondae kleingroepe nie, maar is gemik op die tieners wat graag meer wil hê.

Die Multiply materiaal is 'n eenvoudige, praktiese en Bybelse, nuttige en persoonlike hulpmiddel vir dissipels van Jesus. Hierdie materiaal rus jou nie net as dissipel toe  nie maar gee ook jou die geleentheid om dissipels te maak Dit is 'n 24-sessie dissipelskap ondervinding ontwerp vir een-tot-een-en-groepe.

Indien jy in 2014 deel van so groep wil wees moet jy asseblief die vorm onder invul sodat ons jou aan die begin van 2014 kan kontak!

       


Powered by 123ContactForm | Report abuse

Wil jy nog deel raak van die JAS??? Doen vandag aansoek!

Het jy dalk besef dat jy graag deel van die JAS wees? Wil jy deel wees van 'n groep jong mense wat Regeneration dryf? Voorloop met gratis high 5's uitdeel! Laai dan jou vorm af en bring dit asap vir Arno!

Click HIER om jou aansoekvorm af te laai!


HIStorymaker Kamp 6

Dit is amper tyd! Jy wag al die hele jaar vir hierdie naweek en dit is amper hier! HIStorymaker 6!!!
Om jou inskrywingsvorm af te laai CLICK HIER